

Ons wil graag hê dat julle die naweek saam met ons kom vier.
Die feesvieringe sal by Ubuyne Game Lodge plaasvind. Jou verblyf sal op die plaas wees. Akkomodasie word bespreek deur bookings@ubunyegamelodge.co.za of bel +27 76 099 5162.
Sien die akkommodasie






Vrydag
Arriveer by Ubuyne vanaf 14:00. Gaan jou akkommodasie na vir inkloktye.
Bring asseblief jou eie drankies.
Ontmoet ons teen 17:00 vir padel. Bring asseblief jou eie vleis, bykosse sal voorsien word. ‘n Swembroek sal handig gepas kom.
Saterdag
Ontbyt sal van 08:30 tot 10:00 by die Raptor’s Lodge beskikbaar wees.
Verken die plaas, klik hier om beskikbare aktiwiteite te sien. Bespreek gerus by ontvangs. Middagete word nie verskaf nie.
Seremonie
14:30 vir 15:00
Kapel, Ubunye Game Lodge
Semi-formeel
Canapes en foto’s
Onthaal
Kontantkroeg beskikbaar (Kaart-fasiliteite beskikbaar by kroeg)
Sondag
Ontbyt sal van 08:30 tot 10:00 by die Raptor’s Lodge beskikbaar wees. Uitkloktyd is 10:00.
Deel jou foto’s
Deel asseblief alle foto’s wat jy op die dag neem deur om hierdie QR-kode te volg.





