

Geliefde Familie en Vriende
Met opregte vreugde in ons harte nooi ons julle uit om saam met ons ‘n baie spesiale dag te vier.
Op 3 Januarie 2026 sal dit vir ons ‘n groot eer wees om julle by Ubunye Game Lodge te verwelkom vir die viering van ons liefde en verbintenis aan mekaar.
Ons sien met groot opgewondenheid uit na ‘n naweek gevul met liefde, lag, en kosbare oomblikke saam met die mense wat die naaste aan ons harte lê.
Ons troudag sal nie volledig wees sonder julle teenwoordigheid nie!
Besonderhede
Ons nooi graag almal om met die eerste intreeslag van die nuwe jaar die hele naweek ons liefde en eenheid saam met ons by Ubunye Game Lodge te vier.
Kleredrag: Semi-formeel
Ons waardeer jou teenwoordigheid die meeste. As jy egter tot ń onvergeetlike wittebrood wou bydra het ons ‘n rekening waarin ‘n geldjie betaal kan word.
Herman Hendriks
First National Bank
62454210148








